Laerskool Fontainebleau logo

Laerskool Fontainebleau jobs and careers

South Africa

About Laerskool Fontainebleau

Wat maak Laerskool Fontainebleau anders? Hoekom sal ek my kind ‘n Fontie wil noem? Is die akademie op standaard? Hoeveel geleenthede is daar? Hoe word die leerders behandel, en is dit ‘n veilige omgewing? Hierdie is die vrae wat ouers vra wanneer hulle ‘n skool vir hulle kind moet kies. Ons by Laerskool Fontainebleau weet dat ouers se kosbaarste besitting hulle kinders is. Daarom streef ons daarna om elke Fontie se ervaring so genotvol as moontlik te maak,met waardes wat hy of sy op kan bou vir die toekoms. By Laerskool Fontainebleau is ons trots daarop om te kan sê dat ons ‘n Afrikaanse Christelike skool is, ons streef daarna om leerders op te bou en te verseker dat hulle soveel geleenthede as moontlik kry. Veiligheid is ook vir ons belangrik, omdat ons weet dat ouers die gemoedsrus wil hê wanneer hulle seun of dogter deur die hekke loop. Ons personeel is almal gekwalifiseerd om te verseker dat uitnemendheid in akademie altyd van hoë gehalte is. By sport en kultuur is daar verskeie keuses wat leerders het om hul drome te kan uitleef en te ontwikkel, verder is ons deel van die Super 12 skolewat net soveel meer geleenthede vir leerders bied. In die 21ste eeu probeer Laerskool Fontainebleau om altyd aan die voorskou te wees van moderne tegnologie in die klaskamer, om te verseker dat leerders saam met tegnologie ontwikkel. Klasse is klein, personeel is doelgerig en streef daarna om elke leerder tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel met werksetiek en deursettingsvermoë. Daar word trots gekweek met die dra van skooldrag en sing van ons skoollied, maar tog geniet ons dit om leerders te sien kaalvoet speel. Indien jy ‘n afspraak wil maak om ons mooi blou skool met al die ryk en kleurvolle geskiedenis te sien, maak gerus ‘n afspraak of daag net op om te ervaar wat elke Fontie beleef. “Een keer ‘n Fontie, altyd ‘n Fontie.” ‘n Laerskool wie alombekend is vir veelsydige kinders wie in die lig van die lewe stap.

Employees
11 to 50
Headquarters
South Africa

Jobs at Laerskool Fontainebleau

No open positions right now. Explore more companies on TheJobsMap.