LAPA Uitgewers jobs and careers
South Africa
About LAPA Uitgewers
Bekostigbare boeke vir elke ouderdomsgroep en smaak is LAPA se doelwit. Ons weet dis belangrik dat kinders boeke in hul moedertaal lees, daarom bied ons ʼn keur van eietydse, opwindende kinder- en jeugverhale. Lekker stories is die voorvereiste vir LAPA se fiksie. Daar is spanning en moord, liefdesverhale en algemene fiksie. Die Romanza-klub verskaf oorspronklike Suid-Afrikaanse romanses teen sakpaspryse. Die niefiksie-afdeling dek 'n wye verskeidenheid onderwerpe, van kosmaak en handwerk tot spinnekoppe en misdadigers, en alles tussenin. Ons lesers is vir ons belangrik, daarom is ons standaarde hoog. Die redakteurs doen baie moeite met die ontwikkeling van skrywers en manuskripte. Dit is nie maklik om ’n LAPA-skrywer te word nie, maar diegene wat wel by ons publiseer, weet dat kopers LAPA as ’n betroubare handelsmerk sien. Ons skrywers het nie verniet al tientalle pryse gewen nie.
- Founded
- 1996
- Employees
- 11 to 50
- Headquarters
- South Africa
Leadership
The top of LAPA Uitgewers's org chart, with how many people report into each leader.
Nandi Lessing-Venter
Publisher
Jobs at LAPA Uitgewers
No open positions right now. Explore more companies on TheJobsMap.